Een sterf, een kritiek in Welkom-botsing

Een man is dood en ʼn ander ernstig beseer nadat ʼn vragmotor en ‘n bakkie Donderdag op die Odendaalsruspad naby Welkom gebots het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk by die Corobrick-kruising plaasgevind.

“Die bestuurder van die bakkie is op slag dood, en sy passasier is in ʼn kritieke toestand. Die passasier is op die toneel gestabiliseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere mediese sorg,” het Botha gesê.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.