Eskom het Donderdag gesê dat elektrisiteitstoevoer oor die volgende drie maande onder druk sal verkeer terwyl instandhoudingswerk gedoen word, maar het ontken dat daar enige formele planne vir beurtkrag op die tafel is.
EWN berig verskeie berigte het Donderdag “betroubare bronne” aangehaal wat beweer dat Eskom twee weke lank elke maand beurtkrag sal toepas.
Andrew Etzinger, ʼn woordvoerder van Eskom, het gesê alhoewel elektrisiteitvoorsiening vir die volgende drie maande onder druk gaan verkeer, is daar beslis geen plan om beurtkrag toe te pas nie. “Ons is in die stadium in dieselfde situasie as wat ons verlede jaar was,” het Etzinger gesê.
Bron: EWN