Die man wat skuldig bevind is aan die moord op Eugene Terre’Blanche, se vonnisoplegging begin Maandag in Ventersdorp, Noordwes, se hooggeregshof.
Chris Mahlangu is verlede maand skuldig bevind aan die moord op Terre’Blanche in April 2010. Hy en ʼn medepligtige, Patrick Ndlovu, is ook aan huisbraak skuldig bevind. Ndlovu is egter van die moordaanklag vrygespreek.