Foto: Vrou beseer toe haar voertuig op N1 rol

‘n Vrou is Donderdag beseer nadat haar voertuig die pad verlaat en teen ‘n skuinste op die N1-suid in Johannesburg afgerol het.

Paramedici het die vrou buite haar voertuig aangetref. Santi Steinmann, ‘n woordvoerder van Netcare911, het gesê die ongeluk het naby die Beyers Naude-afrit plaasgevind. Sy is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Garden City-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.