Nog ‘n foto volg onderaan die berig. Vyf mense is dood en 13 beseer toe ‘n vragmotor Vrydag deur ‘n muur in Roodepoort, Johannesburg, gebars het.
Die ongeluk in William Nicol-rylaan het omstreeks middagete plaasgevind. “’n 18-wielvragmotor het in William Nicol in ‘n afleweringsvragmotor vasgery. Die vragmotor het toe in die aankomende verkeer se baan beland en ‘n paar motors het in mekaar vasgery,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê.
Vier mense is op die toneel dood en ‘n vyfde het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
“Ná die aanvanklike botsing het die 18-wielvragmotor deur die muur van die Flora-kliniek gebars en vier geparkeerde motors in die hospitaal se parkeerarea getref. Die afleweringsvragmotor het in 10 ander voertuie in William Nicol-rylaan vasgery,” het Mulaudzi bygevoeg. “Personeel van die brandweer moes swaar toerusting gebruik om die motoriste, wat in hul motors vasgekeer was, te bevry.”
Die beseerdes is na onderskeie hospitale in die omgewing geneem.
Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê William Nicol-rylaan was tot by 14de Laan gesluit om die ongelukstoneel op te ruim.
-SAPA
Mag God vertroosting aan elkeen bring wat in hierdie ongeluk geliefdes aan die dood afgestaan het.Mag Hy die gene wat die trauma oorleef het berusting gee en krag om oor die trauma te kom.In my lewe het ek nog nooit in persoon so iets verskrikliks aanskou nie tot vandag.Baie dankie aan elke persoon wat betrokke was by die mediese-hulp,verkeers,polisie,wegsleepvoertuie en opruimings. Dis ‘n dag wat ek nie sal vergeet nie. Hopelik sal daar nou ‘n alternatiewe roete wees vir swaar-motorvoertuie. Hoeveel moet nog sterf voor daar besef word daardie stuk pad is nie bedoel vir vragmotors nie ? Die bordjie wat aan die bopunt van die pad is wat se vragmotors moet na ‘n laer rat oorskakel weet ek was vir ‘n geruime tyd versper deur boomtakke. Sterkte aan almal.
Marlene, ek dink nie dit is iets wat enigiemand wil sien gebeur of beleef nie. Dit is nagmerries vir enigiemand wat dit moes aanskou. Dankie vir die erkenning wat jy gee aan almal wat hulp verleen het.