In Icons het beplan om die 0.3 m-lange lewensgetroue beeldjies wat in Jobs se gewilde swart rolhalstrui, raamlose bril en denim geklee is, te verkoop. Die San Jose Mercury News het egter berig dat die maaatskappy glo Sondag op sy webwerf ʼn verklaring publiseer het dat hulle onder “geweldige druk” van plan moes verander en dat hulle die besluit uit “opregte sensitiwiteit aan die gevoelens van die Jobs-gesin” geneem het. Die ikoniese mede-stigter van Apple is op 5 Oktober 2011 oorlede weens pankreale kanker. In Icons het beplan om die poppe in Februarie te versprei. Die maatskappy sê alle geld wat reeds op bestelling ontvang is, sal terugbetaal word.
[nggallery id=18]