‘n 30-jarige verpleegster by ‘n tehuis vir bejaardes in Chambéry, Frankryk, is aangekeer nadat sy glo nege bejaardes met ‘n oordosis medikasie vergiftig het. Ses van die bejaardes is oorlede.
Die verpleegster het ondersoekbeamptes meegedeel dat sy die bejaardes wou “verlos.” Nie een was terminaal siek nie en almal was in hul tagtigs.
Die verpleegster, wat by haar ouers gewoon het, is glo getraumatiseer deur haar ma se onlangse dood “onder baie moeilike omstandighede.”
Bronne: AFP, Trouw en The Guardian