Die inflasiekoers het in April tot 4.5% jaar-op-jaar gestyg van ʼn laagtepunt van 3.8% in Maart, het Statistieke Suid-Afrika Woensdag gesê.
Die verbruikersprysindeks het in April met 0.8% op ʼn maand-tot-maand basis gestyg.
“Die groot storie hierdie maand is die verhoging in belasting,” het Patrick Kelly, hoofdirekteur vir prysstatistieke by SSA verduidelik. “ʼn Groot deel van die verhoging was in produktegroepe waarop aksynsbelasting gehef word, soos alkohol, tabak en brandstof.”
Kelly het ook verwys na die 1% verhoging in BTW wat in April in werking getree het. “Ons is nie heeltemal seker wat die presiese impak hiervan gaan wees op hierdie maand se verhoging nie, maar dit het beslis bygedra tot die opwaartse neiging,” het hy bygevoeg.
ʼn Nuwe gesondheidsheffing in die vorm van suikerbelasting het ook ʼn impak gehad.
SSA het gesê kos en nie-alkoholiese drankies was in April 3.9% duurder as ʼn jaar gelede.
Ek wonder nou net, ons betaal verskriklik duur vir diabetiese produkte. Gaan dit nou bietjie goedkoper word of ten minste nie opgaan in prys nie? Ek meen Tab teenoor Coke se suikerprys…..gaan dieet koeldranke nou goedkoper word of moet die suikerloses die belasting op dai stroop dra?