ʼn Ooggetuie het na vore gekom met die registrasienommer van die Mercedes Benz wat Vrydag vir Joshua O’Callaghan (11) ná ʼn rooftog raakgery en weggejaag het.
Beeld berig die ooggetuie het kort nadat die berig Dinsdag in die koerant verskyn het, na vore gekom.
Joshua se pa, Trevor, het gesê hulle is verlig dat dié inligting opgeduik het. Hy het ʼn saak by die Benoni-polisiestasie aanhangig gemaak. Volgens die ooggetuie het die bestuurder van die Mercedes ná die ongeluk gestop en uit sy voertuig geklim. Die man het na die kind gekyk wat in die middel van die snelweg gelê het, weer in sy voertuig geklim en weggery.
Joshua is Vrydag tydens die tref-en-trap-ongeluk beseer nadat hy hulp probeer ontbied het ná hy en sy oupa beroof is. Joshua en sy oupa, Lee Acorn, het by die Kleinfonteindam naby Benoni gaan visvang toe drie mans hulle daar oorval en Lee met staalpype geslaan het. Joshua het na die N12-snelweg gehardloop om hulp te ontbied toe die Mercedes hom getref het. Lees meer hier.
– Sapa
Wat is die nr! Laat ons as ‘n gemeenskap saamstaan en die boggem vastrek!