Goeie nuus: Een van Gauteng se mees gesoekte skelms vas

Een van Gauteng se mees gesoekte misdadigers, Thando Mvelazi, is agter tralies, berig iafrica.com.

Die polisie het bevestig dat Mvelazi een van ses mans is wat Woensdag in ʼn spesiale operasie in hegtenis geneem is. Hy word verbind met verskeie OTM-rowe regdeur die land en die moord op twee polisiebeamptes.

Lede van die Valke het gedurende die operasie beslag gelê op R5-gewere, ʼn AK47, ʼn gekaapte motor, plofstof en ʼn blou lig en sirene.

Die polisie soek reeds sedert 2011 na Mvelazi. Die 29-jarige misdadiger is vroeg Woensdagoggend in Soweto in hegtenis geneem. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.