Hond beseer toe vliegtuig noodlanding maak op strand

Foto: NSRI

ʼn Hond is beseer nadat ʼn ligte vliegtuig Sondagmiddag ʼn noodlanding moes maak op ʼn strand in Port Elizabeth.

Daniel Heiman, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê ‘n 23-jarige Italiaanse vlieënier het ʼn opleidingsvlug ondergaan toe hy rook by die vliegtuig sien uitborrel het en op die Blue Water Bay-strand ʼn noodlanding gemaak het. “Die vlieënier is nie beseer nie maar ʼn hond is beseer. Dit blyk dat ʼn man met sy hond op die strand gestap het. Die hond is deur die vliegtuig getref toe dit geland het en het ʼn snywond aan sy oog en aan sy linkerbeen opgedoen. Die hond is deur die polisie na ʼn veearts geneem en sal na verwagting volkome herstel,” volgens Heiman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.