Volgens die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is 932 mense van 2011 tot 2012 in polisie-aanhouding dood.
Die Dispatch Online het Maandag berig die top drie provinsies met die meeste sterftes is KwaZulu-Natal met 268 sterftes, Gauteng met 217 en die Oos-Kaap met 120.
Die koerant het die inligting bekend gemaak te midde van ʼn saak waar agt polisiebeamptes Maandag in die Daveyton-landdroshof moet verskyn in verband met die dood van ʼn Mosambiekse taxibestuurder wat agter ʼn polisievangwa in die Oos-Rand gesleep is. Lees meer hier.
Gerieflik vergeet hulle die statistiek, As dit waar is en nie baie meer nie. Hoeveel hiervan is immigrante?