Cornelia Wentzel (49) van Mokopane gaan glo meer as R1.7 miljoen van die Limpopo-regering ontvang weens nalatige behandeling wat sy by twee provinsiale hospitale ontvang het.
Lees meerAlles vir Maandag 4 Maart 2013
Rykstes in die wêreld
Forbes Magazine het die top vyf miljardêrs in die wêreld, volgens hul jaarlikse opname, bekendgemaak.
Video: Juffrou tree op 94 af
Rose Gilbert, ‘n onderwyseres van Los Angeles in Amerika, het nou in die ouderdom van 94 afgetree.
Boetes word nie per e-pos gestuur nie
Berigte dat verkeersboetes per e-pos aan motoriste gestuur gaan word, is glo verkeerd.
70-jarige vrou vas vir moord
‘n 70-jarige vrou is oor die naweek buite Oos-Londen vir die moord op ‘n 45-jarige vrou in hegtenis geneem.
Tzaneen-plaasaanval: Vrou skiet haar aanvaller dood
Susan Pohl (52) is Maandagoggend net na 09:00 op die Yamorna-hoewes buite Tzaneen, Limpopo, aangeval.
Regering spandeer glo miljoene op webwerf
Die Sowetan berig die webwerf het die provinsiale departement ongeveer R140 miljoen uit die sak gejaag het.
Boetes dalk binnekort via e-pos
Voorgestelde wetgewing mag die weg baan dat boetes in die toekoms ook per e-pos uitgestuur word.
Swanger 14-jarige verkrag
ʼn 14-jarige meisie, wat vier maande swanger is, is glo oor die naweek in Limpopo verkrag.
Polisie besluit of hulle teen interdik gaan appelleer
Nathi Mthethwa, die minister van polisie, het Maandag ontvangs erken van ʼn arbeidshof-interdik om alle bevorderings ingevolge die nuwe rangstelsel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te stop.
Weggesteekte skoene na 2 000 jaar gevind
Meer as tweeduisend jaar gelede het iemand sewe skoene in ‘n kruik gesit en dit in die smal spasie tussen twee mure van ‘n tempel weggesteek.
Vangwa-sleep: Polisie bly in aanhouding
Die saak teen agt polisiebeamptes wat verdink word van die moord op ‘n Mosambiekse taxibestuurder, is Maandag deur die Benoni-landdroshof tot Vrydag uitgestel.
Slegs een slagoffer in JHB gru-botsing
Een persoon is dood en talle beseer nadat ʼn swaarvoertuig wat ʼn vrag stene vervoer het, in ʼn kettingbotsing met 26 voertuie, waaronder ʼn minibustaxi, betrokke was.
Man vas vir verkragting van vyfjarige
ʼn Gautengse man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo Sondagmiddag ʼn vyfjarige meisie verkrag het.
Eerste kind “funksioneel genees” van Vigs
ʼn Kind, wat nou twee en ʼn halfjaar oud is, is in Amerika glo funksioneel van die MI-virus (MIV) genees.
Pastorie-moord: Twee verdagtes weer in hof
Die twee mans wat van die moord op ds. Willem Brits van Harrismith en sy aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen, verdink word, verskyn vandag weer in dié dorp se landdroshof.
Honderde sterf glo in polisie-aanhouding
Volgens die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is 932 mense van 2011 tot 2012 in polisie-aanhouding dood.
Polisiekommissaris behoort op haar eie swaard te val
“As nasionale kommissaris van die SAPD hoort mev. Phiyega verantwoordelikheid te aanvaar vir die kultuur van geweld en minagting vir menseregte in die staatsdepartement wat sy lei,” skryf Deon Opperman.
Nuuskommentaar: Twee woordfeeste om goeie nuus te bring – Maties en Cites
Twee “woordfeeste” begin vandag – die Woordfees wat in Stellenbosch gehou word, en die Cites-konferensie wat vandag in Thailand begin.
Foto’s: Kettingbotsing bring snelweg tot ʼn stilstand
Vyf mense is dood en talle beseer nadat ʼn swaarvoertuig Maandagoggend in spitsverkeer op die noordelike baan van die N1-snelweg in Roodepoort teen sowat 26 motors gebots het.