Jong man verlam nadat sluipslapers hom uit voertuig pluk ná ongeluk

Wayne (32) en Shaun (34) Adendorff. Foto: Verskaf.Wayne Adendorff, ʼn 32-jarige man van Pretoria, is verlam en in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sluipslapers hom, met die doel om hom te beroof, uit ʼn voertuig gepluk het ná ʼn ongeluk.

Monette Van Reede Van Oudshoorn, Wayne se suster, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die ongeluk het op 12 Oktober omstreeks 21:30 op die Ou Johannesburgpad naby die SA Munt plaasgevind.

“Wayne was saam met my ander broer, Shaun (34), en twee vriende, Dawie en Pedrie, ook in hul dertigs, in die gebied toe ʼn motor voor hulle ingery het,” het Monette gesê. “Shaun het bestuur en het uitgeswaai, waarna hy beheer oor die voertuig verloor het. Die voertuig het gerol voor dit in ʼn spruit op sy kant tot stilstand gekom het.” Die voertuig wat voor hul voertuig ingery het, het glo van die toneel weggejaag.

ʼn Onbekende hoeveelheid sluipslapers het toe op die voertuig se wrak toegeslaan en die insittendes uitgepluk en elkeen se selfoon gesteel. “Insleepdienste was kort ná die botsing op die toneel, waarna die sluipslapers weggehardloop het voordat hulle by almal se beursies kon uitkom, maar hulle het Wayne regop gehou en hom deursoek.”

Van Reede Van Oudshoorn het gesê haar broer het gesê hy het nog gevoel in sy bene gehad voor die mans hom uitgepluk het. Daar is later in die Unitas-hospitaal bevind dat hy van sy bors af ondertoe verlam is. “Dokters het gesê die kanse is goed dat hy moontlik nie verlam sou wees nie as paramedici hulle behandel en uit die voertuig gehaal het.”

Wayne word steeds in die waakeenheid van die Unitas-hospitaal behandel en is steeds in ʼn kritieke toestand nadat hy ʼn operasie moes ondergaan. Shaun is intussen ontslaan maar is erg getraumatiseerd en emosioneel. Dawie se knieg is vergruis en word nog in die Unitas-hospitaal behandel. Pedrie het sy lae rug beseer, maar is reeds ontslaan.

Die Olievenhoutbosch-polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ver Van Ryn ·

Dit is verskriklik, en die gemors gaan seker nooit gevind word nie!

Kobus ·

dit is nogal belaglik. die mense van vandag is erg. is sluipslapers boemelaars?

MissBotha ·

Monette ons bid vir julle!!!! Almal van ons. As enige iemand hulle kan help…op enige manier asb laat weet.

Stoere Boer ·

Sluipslapers is ‘n mooi woord vir barbaarse moordenaars. Slaap in die dag en sluip in die nag rond of wanneer hulle kan aas soos met die ongeluk. Hoop nie ek is te kras nie

Amy ·

Hul kon dalk nou weggekom het, maar eendag gaan hul moet rekenskap van hul dade gee,

Phillip ·

Ek sien jou kommentare Jasper… wat het jy geplaas wat verdwyn?

Jasper ·

Veskoning. Ek sien ook nou. Moonlik n stadige verbinding gewees.

HELENA SEABORNE ·

sue vir zuma. hy mut sy eie geld betaal om die eis te betaal. miskien sal hy dan wakker skrik en besef dat daar iewers iets gedun mut word. ons arme taxpayers se geld gaan vir al die screwups wat die spul in die goverment aanjaag.

Ria ·

sluipslaper is ‘n mooi naam vir plakkers [squatters]. Hulle werk nie, bly in die bosse oral oor en slaan op mense toe, soos nou hier die geval was. tyd gelede was die geval in PTA toe hul meisie se foon gesteel het uit haar motor tydens oponthoud op snelweg en haar vriend het toe een geskiet en nou word hy van moord aangekla.

Theresa` ·

My innigste simpatie aan Wayne se familie. Hy is paar weke later oorlede a g v sy beserings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.