‘n Jong motorfietsryer is Saterdag dood nadat ‘n motor hom in Goldmanstraat in Florida, Roodepoort getref het.
“Paramedici op die toneel het die man dadelik begin behandel en hom na ‘n nabygeleë hospitaal geneem,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê. Die man het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.