Vier meisies is gered nadat hulle glo vir seks in Kaapstad gebruik is, het polisiebeamptes Woensdag gesê.
Nathan Ladegourdie, adjunkhoof van die taakspan, het gesê die meisies, waarvan drie nog minderjarig is, is Vrydag tydens ʼn gesamentlike polisie-operasie gered. “Die meisies is vroeër van Dunoon na Richwood geneem waar hulle seksueel mishandel en blootgestel is aan pornografie en prostitusie,” het Ladegourdie gesê.
Die meisies is in ʼn plek van veilige bewaring geplaas.
Een persoon is in hegtenis geneem en sal Woensdag in die Goodwood-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding.