ʼn Vermeende kaper het homself glo Woensdag in Johannesburg in die keel geskiet in ʼn poging om nie deur die polisie in hegtenis geneem te word nie.
Ao. Moses Maphakela, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 11:30 in Bramley naby Sandton plaasgevind.
Die gewapende verdagte het probeer om ʼn voertuig te kaap deur aan ʼn motoris se ruit te klop. Die motoris het geweier om die voertuig se deur oop te maak, waarna die verdagte ʼn Ford Fiesta gekaap het, berig mysandton.co.za.
Die verdagte het met die Fiesta van die toneel probeer wegjaag, met die polisie kort op sy hakke. Hy het toe teen die aankomende verkeer in gery en teen ʼn Toyota Quantum gebots. “Die verdagte het uit die voertuig gespring en te voet verder probeer vlug. Die polisie het hom agterna gesit,” het Maphakela gesê. “Toe die verdagte besef die polisie haal hom in, het hy homself in die keel geskiet.”
Paramedici van EMER-G-MED het die verdagte op die toneel gestabiliseer en in ʼn kritieke toestand na die Charlotete Mazeke-hospitaal geneem, waar hy onder polisiebewaking is.
“Die polisie het op ʼn vuurwapen en die gekaapte voertuig beslag gelê,” het Maphakela gesê.
Bron: mysandton.co.za
Dis eintlik n jammer die boef het misluk nou moet die belastingbetaler vir sy hospitaalonkoste betaal en baie mense wat maande lank wag vir n operasie is nou n bed kwyt.
JAMMER HY HET SO LAAG GESKIET NABY DIE OOR SOU N BAIE BETER SKOOT GEWEES HET.