Prof. Cyril Karabus, ʼn Suid-Afrikaanse onkoloog, se tuiskoms is weereens vertraag. eNCA berig die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het glo ʼn fout met Karabus se visum gemaak.
Volgens Karabus se seun is die datums glo verkeerdelik op sy visumbrief aangedui en kan sy visum nie uitgereik word nie. Pogings word aangewend om ‘n nuwe brief met die regte datums te kry.
Karabus sou Woensdag teruggevlieg het na Suid-Afrika en ʼn groot verwelkoming is vir Karabus in Kaapstad gereël. Hy sou om 11:00 vanaf Abu Dhabi vlieg ná ʼn lang gespook om sy paspoort terug te kry.
Die 78-jarige pediatriese onkoloog word sedert 18 Augustus in die VAE aangehou nadat hy in absentia gevonnis is vir die afsterwe van ‘n meisie van Yemen wat hy in 2002 vir leukemie behandel het. Hy is op 21 Maart vrygespreek en was ook suksesvol met sy appèlverhoor.
Lees ook:
Karabus vlieg vandag terug
Karabus kry paspoort terug
Karabus het borggeld ontvang
Karabus dalk môre oppad huis toe
Karabus dalk binnekort tuis
Nóg ‘n terugslag vir Karabus
Karabus dalk eers oor 2 weke tuis
Karabus onskuldig bevind
Karabus dalk vinnig tuis
Die hel wil maar nie ophou vir die man nie ! Nooit gaan hy weer na daai land toe terug nie !