Kokaïen in rolstoel opgespoor

Argieffoto

‘n Man van Puerto Rico is in hegtenis geneem nadat die polisie kokaïen in sy rolstoel opgespoor het.

Emmanuelli Rojas-Moraza (33) is by die Logan-lughawe in Boston, Amerika, in hegtenis geneem nadat meer as 3.7kg kokaïen in die bande van die rolstoel opgespoor is. Rojas-Moraza is Maandag op $45 000 borg vrygelaat nadat hy onskuldig gepleit het. Volgens die staatsaanklaer het doeanebeamptes agterdogtig geraak toe die rolstoel deur die X-straalmasjien beweeg het. Die dwelmmiddels is in die bande van die rolstoel opgespoor.

Dokters het later ook bevind dat Rojas-Moraza geen ooglopende mediese rede het om in ‘n rolstoel te wees nie. Een van sy bene was ook nie verbind of in gips nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.