Langste man se onderklere verkoop

20120429-135049.jpg‘n Reus se onderklere is dié week op ‘n veiling teen £550 verkoop.

Die onderklere het aan een van Engeland se langste mense ooit, Frederick Kempster, behoort. Kempster het ongeveer 100 jaar gelede geleef en was glo 2,5m lank. Hy is in 1918 op ouderdom 29 aan longontsteking oorlede. Dié gevierde reus het in Blackburn, Lancashire gewoon en in die 1970s is sy onderklere saam met koerantknipsels by ‘n huis in Clitheroe opgespoor. Na verwagting sou die onderklere sowat £200 op die veiling gehaal het, en alle verwagtings is oortref toe die afslaer uiteindelik die lot op £550 by Tennants Auctioneers in North Yorkshire, verklaar het. Kempster is van 1967 tot 1993 as die langste man in die wêreld aangetoon in die Guinness Book of Records.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.