Lied van My Hart musiekvideo is op Youtube

Die musiekvideo van die Lied van My Hart is ook op Youtube beskikbaar.

Die gewilde teaterproduksie, Lied van My Hart, wat Woensdagaand in die Staatsteater in Pretoria ten einde geloop het se musiekvideo is nou op Youtube beskikbaar.

Deon Opperman en Sean Else het ʼn keurspel van Afrikaanse treffers met ʼn oorspronklike verhaal vir die produksie verweef. Lied van My Hart het met Steve Hofmeyr en Nadine in die hoofrolle gespog en hulle is deur groot name soos Elzabe Zietsman, Vaughan Gardiner, Altus Theart en Michelle Botha geondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.