ʼn 28-jarige man verskyn Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof nadat hy glo ʼn 8-jarige seun verkrag het.
Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die verdagte is Vrydag in Johannesburg se middestad in hegtenis geneem. “Die verdagte, wat van Zimbabwe afkomstig is, het die seun na bewering Woensdag verkrag,” het Mbele gesê.
“Die seun se 36-jarige ma het die hele dag lank na hom gesoek en hom Donderdag uit die man se kamer sien kom,” het Mbele gesê. Sy het hom gevra waar hy was en die kind het vir haar gesê het hy het in die verdagte se kamer geslaap en dat hy hom verkrag het. “Die seuntjie het ook gesê dat die verdagte hom met die dood gedreig het as hy vir enigiemand vertel wat gebeur het,” het Mbele bygevoeg.