
Die polisie se duikeenheid verwyder die lyk van Freddie Vos (30) uit die Poppiesbale-steengroef buite Vryburg in Noordwes. Foto: Verskaf
ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Kelebogile Moiloa, sê Freddie Vos (30) se liggaam is deur die polisie se hond- en duikeenhede gevind. Hy sê Vos se liggaam is na ʼn uitgebreide soektog in vuil water en riete gevind. Hy het steekwonde aan die agterkant van sy kop en arms opgedoen. Moiloa sê Vos het na bewering Sondag saam met sy familie op hulle kleinhoewe gekuier voor hy na die Poppiesbale-steengroef vertrek het. Hy is nie weer lewend gesien nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.