Man brand erg toe vuur ontplof

Heindrich Engelbrecht saam met sy vrou Palinka en hul seuntjie JC. Foto: Facebook

Heindrich Engelbrecht (44), ʼn plaasbestuurder en professionele jagter van die Vaalwater-omgewing, het ernstige brandwonde opgedoen nadat ʼn braaivleisvuur in sy gesig ontplof het.

Die Pos berig dat Engelbrecht Sondag ʼn vuur gemaak het en dat die hout glo droog was. Engelbrecht het glo brandstof gebruik om die vuur aan die brand te steek waarna dit voor geskote familielede en vriende ontplof het. Engelbrecht het onder meer brandwonde aan sy gesig, maag en arms opgedoen. Engelbrecht se vrou, Palinka, het aan Die Pos gesê dat haar man vir minstens nog 15 dae in die waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal sal moet deurbring. Die egpaar het ʼn seun JC (6).

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.