‘n Vlieënier is dood toe sy helikopter Donderdag in Nylstroom, Limpopo, neergestort het.
“Die vlieënier was die enigste persoon in die helikopter,” het Venessa Horn, woordvoerder van die provinsie se nooddienste, gesê. ‘n Soek- en reddingsoperasie is vroeër van stapel gestuur toe die helikopter in die Bela Bela-omgewing as vermis aangemeld is. Verdere besonderhede is nog nie beskikbaar nie.