Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 4 April en wat ons Vrydag, 5 April, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Donderdag 4 April 2013
Guptas dagvaar Sunday Times vir naamskending
Sakeman Atul Gupta het glo ‘n eis van R500 000 teen die Sunday Times vir naamskending by die hof ingedien.
Zuma besoek Madiba
Pres. Jacob Zuma het Madiba Donderdag in die hospitaal besoek.
Ikeys stem oor “aantreklikste ras”
‘n Meningstuk oor liefde en ras in die Universiteit van Kaapstad (Ikeys) se studentekoerant, Varsity” het ‘n paar mense ontstoke gelaat.
Man dood toe helikopter val
‘n Vlieënier is dood toe sy helikopter Donderdag in Nylstroom, Limpopo, neergestort het.
Groot opwinding wag by Vloot-fees
Besoekers aan die jaarlikse SA Vloot-fees in Simonstad is besig om hul vere reg te skud vir ʼn naweek propvol seevaart-aksie.
Man oor “swak maniere” doodgeslaan
ʼn Man van Durban is glo deur twee van sy huismaats doodgeslaan omdat hy slegte maniere gehad het.
Amanzimtoti-skietery: Slagoffer se naam bekend
Die polisie het Donderdag die naam bekend gemaak van ʼn man wat Woensdagmiddag in Amanzimtoti verskeie kere in sy voertuig geskiet is.
Video: Nando’s krap weer!
Nando’s, wat bekend is vir hul omstrede advertensies, het sommige lede van die parlement warm onder die kraag met hul nuutste advertensieveldtog.
Kaapstad doen stappe teen oproerige sport-ondersteuners
Ivan Meyer, die Wes-Kaapse LUR van sport, het streng maatreëls voorgestel om oproerige sport-ondersteuners in toom te hou.
Man sterf glo weens nalatigheid by Steve Biko-hospitaal
ʼn Prokureur van Pretoria gaan die departement van gesondheid dagvaar nadat Phillip Jakob Pretorius glo weens nalatigheid by die Steve Biko-hospitaal dood is.
Nkandla: Polisie, betogers wat Zille verhoed, word nie vervolg
ANC-lede en polisiebeamptes wat Helen Zille, die DA se leier, onlangs verhoed het om president Jacob Zuma se berugte Nkandla-tuiste te besoek, gaan nie vervolg word nie.
Pretorianers moet eie grafte grawe
Pretorianers moet self die grafte van hul geliefdes grawe, aangesien ʼn kontrak met die Tshwane-metro se grafgrawers verstrek het.
Putco-doodsbus het toets gedop
Ismail Vadi, LUR vir vervoer, het in ‘n brief aan die DA die uitslag van ‘n ondersoek van die bus, waarin 20 mense in ‘n ongeluk in Meyerton dood is, bekendgemaak.
DA verwelkom besluit om SAR-troepe te onttrek
Die DA het Donderdag gesê hulle verwelkom die president se besluit om die land se troepe uit die Suid-Afrikaanse Republiek (SAR) te onttrek.
Vleisskandaal: Skuldiges se name gaan bekendgemaak word
Die name van die handelaars wie se vleisprodukte getoets en bevind is dat hul produkte verkeerdelik op die verpakking aangedui is, gaan bekendgemaak word.
Nuuskommentaar: Volskaalse oorlogspeletjies, kom hier ‘n kernoorlog?
Ontleders wêreldwyd besin oor die moontlikheid dat Noord-Korea se dreigemente teenoor veral die VSA tot ‘n kernoorlog kan lei.
Foto: Man in voertuig doodgeskiet
ʼn Man is dood nadat hy Woensdagmiddag in Amanzimtoti verskeie kere in sy voertuig geskiet is.
Lance Armstrong keer terug as swemmer
Lance Armstrong gaan as swemmer terugkeer na die wêreld van sport.
Hier kom “Finding Dory”
Ná jarelange bespiegeling of ‘n opvolg op die Oscar-wenner animasierolprent Finding Nemo gemaak gaan word, het Disney-Pixar Dinsdag aangekondig dat dit in 2015 vrygestel gaan word.