ʼn Man is in ʼn Bloemfonteinse hospitaal opgeneem nadat hy Donderdag deur ʼn swerm bye aangeval is.
Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die man het in Donald Murrayrylaan in Park West geloop toe die swerm bye hom buite ʼn besigheid aangeval het. “Werknemers van die onderneming het gesien die man is in die moeilikheid en het paramedici ontbied,” het Vermaak gesê.
Die man is verskeie kere aan sy bolyf gesteek. Hy is na die Pelonomi-hospitaal geneem vir verdere behandeling.