Man skiet twee verpleegsters

ʼn 42-jarige man is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat hy glo vroeër die dag twee verpleegsters in ʼn kliniek in Limpopo geskiet het.

Brigadier Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die man en sy 27-jarige meisie, asook dié se 30-jarige broer, is na die voorval in Giyani vasgetrek.

Die polisie het ná die skietery ʼn grootskaalse soektog na die aanvaller van stapel gestuur en die man by sy huis aangekeer. “Daar is ʼn ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gevind. Die polisie het ook op verskeie handsakke en selfone beslag gelê. Dié items is glo by dieselfde kliniek waar die verpleegsters geskiet is, geroof,” het Mulaudzi gesê.

Die man se meisie en haar broer is in hegtenis geneem omdat gesteelde goedere in hul besit gevind is. Die 42-jarige man word aangekla van poging tot moord en moet Dinsdag in die Vuwani-landdroshof verskyn. Die man word ook met ʼn kapingsaak verbind.

Die twee verpleegsters is in ʼn stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.