Andrew Damons, ʼn plaasarbeider, is skuldig bevind aan die moord op Rene Slater (52), ʼn sakevrou van Kirkwood, het die polisie in die Oos-Kaap Vrydag gesê.
“Die moord het op 15 Februarie 2010 plaasgevind,” het ao GP Swart, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Damons (22) is skuldig bevind op aanklag van moord, roof met verswarende omstandighede, en ontvoering.”
Slater se liggaam is die volgende dag, 3 km van haar man Desmond se plaas, in ʼn vlak graf opgespoor. Haar liggaam was met sand en los doringtakkies bedek. Sy het noodlottige kopbeserings opgedoen weens ʼn harde voorwerp wat teen haar kop geslaan is.
Desmond boer glo met Angora-bokke. Rene het ʼn dieetkliniek in die dorp bedryf.
Damons sal op 28 Februarie 2014 gevonnis word.
MOOI, maksimum vonnis vir alle moordenaars asseblief.