Konst. Thabo Malatjie, woordvoerder van die polisie, sê die 55-jarige man het van die 33ste verdieping van die spiraalskag-gebou gespring. Malatjie sê die man was ʼn inwoner van die woonstelkompleks en het alleen gebly. Hy sê dit is nog nie bekend hoekom die man gespring het nie en die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen. Talle mense het al selfmoord gepleeg deur van die 54-verdiepinggebou, wat in 1975 opgerig is, te spring. Die gebou het in ʼn stadium bekendgestaan as “selfmoord sentraal” weens die talle mense wat daar selfmoord gepleeg het. Die 173 m woonstelkompleks het 470 wooneenhede.
Man spring van woonstelgebou na sy dood
ʼn Man het Maandag van die Ponte-toringgebou in Hillbrow, Johannesburg na sy dood gespring.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
Een kommentaar
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
“During the late 1980s, gang activity had caused the crime rate to soar at the tower and the surrounding neighbourhood. By the 1990s, after the end of apartheid, many gangs moved into the building and it became extremely unsafe. Ponte City became symbolic of the crime and urban decay gripping the once cosmopolitan Hillbrow neighborhood. The core filled with debris five stories high as the owners left the building to decay. There were even proposals in the mid-1990s to turn the building into a highrise prison.”
wiki