Man val na sy dood by Leeukop; getuies neem glo net foto’s

Lion’s Head by Tafelberg in Kaapstad

‘n Man wat Leeukop in Kaapstad gaan klim het, het na sy dood geval.

“Die liggaam van ‘n 47-jarige man is Sondagoggend omstreeks 08:45 opgespoor nadat hy gegly en geval het. Die man het saam met sy gesin gaan stap,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.

CityPress berig ‘n 25-jarige man met die naam Zac, wat nie sy van wou noem nie, het glo na die man gehaas om hom te help. “Ek was byna ‘n uur lank by hom om vir die paramedici te wag. Niemand het ons kom help nie. Hulle het net foto’s geneem,” het Zac glo gesê. Zac, wat ‘n noodhulpkwalifikasie het, het tevergeefs probeer om ‘n pols by die man te kry. “Een groep verbygangers het ‘n noodhulpsakkie na ons gegooi, maar ek kon nie sien wie dit is nie, hulle is dadelik weer weg.”

Volgens CityPress is die slagoffer se naam Ibrahim Salie en was hy saam met sy dogter en ‘n vriend op die berg.

‘n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.