ʼn 22-jarige man is Sondagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op Johan Stighlingh (67), wat vroeër die dag op sy plaas naby Ventersdorp doodgeslaan is.
Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, sê die verdagte het naby die slagoffer se plaas, Sterkstroom, gebly. Die verdagte word van moord en poging tot moord aangekla en sal Dinsdag in die Ventersdorp-landdroshof verskyn.
Die polisie is ook warm op die spoor van ʼn tweede verdagte. Die verdagtes word daarvan verdink dat hulle Sondagoggend omstreeks 10:00 Johan buite sy huis voorgekeer en oor die kop geslaan het. Hulle het hom in die huis in gesleep en sy vrou, Cora, in die huis aangeval. Die mans het twee selfone gesteel. Johan is op die toneel dood. Cora sterk in ʼn hospitaal in Klerksdorp aan.
Ja nee dit is nie die wat verdruk is in appartheid nie nee die jonges wat met nuwe Suid Afrika wel die geleenthaid gehad het om geskool en geleerd te raak.
maar nee dis veel maklikker om te moor en net iets klien te steel sodat die verskoning van roof gebruik kan word in ANC se relaas dat daar nie baie wittes gemoor word nie en dat plaasmoorde nie hoog is nie Belaglik. Hang hul
al hierdie jong gruwellike moordenaars laat my dink dat hulle almal miskien op n manier kan verbind wees
Daar moet n manier wees om hulle te verbind .hoekom is meeste van die skuldiges almal omtrent die selfde ouderdom ,miskien moet die ondersoek beamptes die duiwel agter die moordenaars soek moeilik om te glo hierdie jong moordenaars doen dit net omdat hulle lus is vir moor