“Mandela steeds kritiek maar verbeter”

Nelson Mandela

Oud.pres. Nelson Mandela se toestand is steeds kritiek maar verbeter geleidelik.

Mac Maharaj, die woordvoerder van die presidensie, het Vrydag gesê Mandela se toestand is onveranderd sedert die presidensie se laaste verklaring oor Mandela se gesondheid uitgereik is.

“Mandela se mediese span het ook beklemtoon dat hoewel sy gesondheid geleidelik verbeter, hy nog steeds in ‘n kritieke toestand is,” het Maharaj op 11 Augustus gesê.

Mandela is al 77 dae in die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria. Hy is op 8 Junie daar opgeneem vir ʼn herhalende longkwaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kaspaas Breekwater

Die koerante vandag is ook net altyd vol slegte nuus.

Peter Vonk

Wie betaal vir hierdie peperduur behandeling,sy familie,ek twyfel ???

Stoere Boer

Kyk hoe goed het hy verbeter op die foto by die berig. Hy word al hoe jonger. Daai behandeling werk. Hahaha

leana

Ja-nee soos ek alltyd se, ‘n leuen het ‘n manier om te boomerang en jouself dan vol in die gesig te tref! Of wat praat ek alles Trippie?