Mandla Mandela, die omstrede kleinseun van oud-president Nelson Mandela wat Mandela se kinders se grafte sonder toestemming geskuif het, is weer in die sop nadat hy glo ʼn vuurwapen op iemand gerig het.
Lt.kol. Mzukusi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het Woensdag gesê ʼn man wat Mandla daarvan beskuldig dat hy hom met ʼn vuurwapen gedreig het, het Dinsdagaand ʼn klagte van die rig van ʼn vuurwapen by die polisie aanhangig gemaak.
Mandla het na bewering ʼn vuurwapen op die man gerig en gedreig om hom te skiet tydens ʼn argument in Nelson Mandelarylaan in Mthatha.
Geen inhegtenisname is nog gemaak nie.
Mens kan seker niks meer verwag van die kleinseun van ‘n terroris nie…
Beter kon ek dit nie gestel het!