Volgens paramedici van ER24 het hulle vroeg vanoggend ‘n oproep gekry dat ‘n student onder die brug naby die biblioteek lê. Die 22-jarige student het sowat 10m ver geval. Dit is egter nog nie duidelik wat presies gebeur het nie. Toe paramedici op die toneel gekom het, was daar geen ander student in sig nie. Die student is deur veiligheidspersoneel gekry en was in ‘n kritieke toestand nadat hy ‘n ernstige bors- en kopbesering opgedoen het. Paramedici het die student op die toneel behandel voor hy na die Stellenbosch Medikliniek geneem is vir verdere behandeling. Die polisie was op die toneel en sal die saak verder ondersoek.
Matie-student kritiek na val van brug
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.