Meer as 60 dokters aan diens by Comrades

Meer as 60 dokters en 25 verpleegsters sal Sondag aan diens wees tydens die Comrades Marathon in KwaZulu-Natal.

“In 1979 was die mediese tent so groot soos ʼn sitkamer in ʼn gewone huis. Dié jaar het ons 110 beddens, 65 dokters en 25 verpleegsters aan diens,” het Jeremy Boulter, mediese direkteur van die Comrades Marathon Vereniging gesê. Agt fisioterapeute en agt noodhulpstasies word ook langs die roete, tussen Pietermaritzburg en Durban, opgerig. Netcare911 se ambulanse sal ook die roete patrolleer. “Sowat 80 – 85% van die atlete maak eers ná 15:00 klaar. Ons begin teen 16:30 baie besig raak en tussen 17:30 en 18:30 is dit chaos,” het Boulter gesê. Van die 14 500 atlete beland sowat 300 gewoonlik in die noodhulptente. Meeste is ontwater, maar almal word ondersoek en ontvang ʼn bloedtoets wat deur Ampath geborg word.

Sedert die eerste marathon in 1921 het ses mense al tydens die marathon gesterf. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.