ʼn Woordvoerder vir die Johannesburgse metropolisie, hoofsupt. Wayne Minnaar, sê die 35-jarige beampte het by ʼn padblokkade gewerk toe hy ʼn taxibestuurder afgetrek het. Die beampte het die taxibestuurder glo vir R350 omkoopgeld gevra. Die taxibestuurder het egter net R120 by hom gehad. Hy het die voorval by die metropolisie aangemeld en die beampte is in hegtenis geneem. Hy sal Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Metrobeampte vas oor omkoopgeld
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.