Metropolisiebeampte sterf ná kaping

ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Woensdag dood nadat hy vier keer tydens ʼn kaping geskiet is.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê die 24-jarige beampte was van diens af en alleen in sy voertuig toe die voorval Dinsdagaand in Jabulani plaasgevind het.

“Die beampte is vier keer geskiet. Sy voertuig en dienspistool is gesteel,” het Minnaar gesê.

Die beampte is na die Tshepo Themba-hospitaal geneem waar hy later aan sy wonde beswyk het. Die beampte se naam mag nog nie bekend gemaak word voor sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.