Die nasionale reguleerder vir verpligte spesifikasies (NRCS) het Vrydag R3 miljoen se onveilige toestelle vernietig.
Die toestelle was volgens die department van handel en nywerheid sub-standaard produkte waarme onwettig handel gedryf is. Die items sluit in verwarmers, koordlose ketels, televisies en kraggereedskap. Die departement sê volgens die Nasionale Verbruikerstribunaal het verbruikers die reg om aksie te neem teen verskaffers wat sub-standaard goedere verkoop. Die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, sê die tribunal moet saam met die NRCS werk om gemeenskappe in te lig oor hulle regte. Hy sê dit gebeur dikwels dat dié soort produkte brande tot gevolg het in veral informele nedersettings.