Werkloosheidsversekeringsfonds-voordele wat huishulpe affekteer moet uitgebrei word, het Mildred Oliphant, minister van arbeid, gesê.
“Ons kort stelsels wat sal verseker dat werkers in die sektor nie langer misbruik word nie,” het Oliphant in ʼn toespraak gesê. Oliphant het huishulpe toegespreek by ʼn stadion in Khayelitsha as deel van ʼn openbare deelname-program. Oliphant sê verskeie voorstelle rakende wysigings aan die WVF-wet word tans ondersoek. Een van die voorstelle is dat werkers soos huishulpe vir ʼn jaar in plaas van ses maande WVF-voordele moet ontvang. Oliphant het ʼn beroep op huishulpe gedoen om verhore rakende die departement se hersiening van wetgewing by te woon. “As jy dit nie jou besigheid maak om die verhore by te woon nie, kan werkgewers hul sienings deurdruk en word jy agtergelaat.” Sy sê die WVF sal ook intussen nagenoeg 1 000 afgedankte huishulpe oplei. ʼn Totaal van 646 578 huishulp-werkgewers en ʼn totaal van 657 908 huishulpe is by die WVF geregistreer.
VERKIESINGSFOEFIE!!
Die Afrikaans vir die Engelse woord “stadium” is “stadion”. In watter stadium van die geskiedenis het “stadium” die woord “stadion” in Afrikaans vervang?