Moontlike verband tussen drie moorde

‘n Vrou van Lesotho se liggaam is in Freedom Park-informele behuisingsgebied in Rustenburg gevind, het die polisie in Noordwes Vrydag gesê.

Die 30-jarige vrou se liggaam, is Donderdag sonder klere en met steekwonde aan haar bors en regterarm opgespoor, het kaptein Amanda Funani gesê, berig SowetanLive. Die polisie vermoed dat die vrou verkrag is voordat sy vermoor is.

Drie mense is intussen in hegtenis geneem en die polisie ondersoek die moontlikheid dat dié moord aan twee ander in die gebied verbind kan word. Die liggaam van ‘n 27-jarige man wat in sy kop geskiet is, is op 3 Junie in Freedom Park opgespoor. ‘n 30-jarige man wat met ‘n mes doodgesteek is, se liggaam is op 30 Mei opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.