Volgens ER24 is die man van sy motorfiets geslinger en het hy sowat 15 meter verder in die pad gelê. Hy het ernstige kop- en bekkenbeserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Een van die drie insittendes van die motor het ligte beserings opgedoen. Volgens paramedici het die motorfiets agter die motor en in dieselfde rigting gery toe die botsing plaasgevind het. Die presiese oorsaak van die ongeluk is egter nog nie bekend nie en word ondersoek.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn 45-jarige man is dood nadat sy motorfiets Saterdagaand teen ʼn motor gebots het in Springs aan die Oos-Rand.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
Een kommentaar
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
Innige simpatie en meegevoel. Dis so bitter hartseer en jammer. RIP.