ʼn 24-jarige motorfietsryer is dood nadat hy Dinsdagoggend agterin ʼn swaarvoertuig op die M7-snelweg, in die rigting na Pinetown naby Bellville in Kwazulu-Natal, vasgery het.
Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die motorfietsryer se liggaam is naby die motorfiets se wrak aangetref. Hy het verskeie kritieke beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.