Motorfietsryer sterf ná botsing

Foto: ER24

ʼn Motorfietsryer is Sondagaand in Durban dood nadat hy teen ʼn voertuig gebots het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het Maandag gesê die ongeluk het in die pad na die Botaniese Tuin gebeur. “Die man was onderweg na Bereaweg toe die ongeluk plaasgevind het. Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie,” het Banks gesê.

Die man se liggaam is ʼn redelike afstand van sy motorfiets se wrak aangetref. “Hy is op die toneel behandel, maar het later as gevolg van sy kritieke beserings gesterf,” het Banks gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.