In ʼn vraag aan Mthethwa tydens ʼn onderhoud met die koerant oor of hy Phiyega gaan skors te midde van ʼn ondersoek teen haar op aanklagte van dwarsboming van die gereg, het hy gesê: “Nee, haar skors vir wat?” Hy het verder gesê: “Iemand sal môre kom en sê jy het A, B en C gedoen en ons moet jou skors. Dit werk nie so nie.” Mthethwa is ook in die onderhoud gevra oor of dit sy selfvertroue ʼn hupstoot sal gee indien daar ʼn professionele persoon in beheer van die polisie is, waarop hy geantwoord het: “Ek dink ons is klaar [met die onderhoud].”
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het die week bevestig dat hy bewerings ondersoek dat Phiyega vir lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiehoof, ingelig het oor ondersoeke teen hom. Volgens berigte het Phiyega Lamoer glo by drie verskillende geleenthede telefonies ingelig dat hy ondersoek word. Lt.genl. Solomon Makgale, Phiyega se woordvoerder, het vroeër die week gesê Phiyega verwelkom die ondersoek. Verskeie koerante is intussen met regsaksie gedreig indien hulle nie beweerde bewyse van telefoongesprekke tussen Phiyega en Lamoer aan die polisie oorhandig nie.
Ja sy sal nie geskors word nie want die een is erger korrup as die ander. Wees eerlik wie vertrou nog die polisie.
As lieg en bedrieg deel van n kultuur is, dan is daar geen salf te smeer nie.