Mynwerkers beseer in geweld by myn

Tien mynwerkers is beseer nadat hulle slaags geraak het met veiligheidswagte by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville.

Henrika Basterfield, woordvoerder van die myn, sê twee mynwerkers het behandeling ontvang nadat hulle traangas ingeasem het terwyl die ander agt beseer is nadat die veiligheidswagte en polisie met rubberkoeëls op hulle losgebrand het. Die onlus het glo uitgebreek nadat 578 mynwerkers geskors is nadat hulle verlede week aan ʼn onbeskermde staking deelgeneem het. Tom Smith, die myn se hoofbedryfsbeampte, sê geweld sal nie geduld word by die myn nie. Twee mynwerkers is verlede maand dood in geweld by die myn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.