ʼn Nuwe geenterapie verleng muise se lewens

Wetenskaplikes het daarin geslaag om muise se lewens met 'n nuwe geenterapie te verleng. Foto: wikimedia.org

Wetenskaplikes het daarin geslaag om die lewens van laboratoriummuise met ʼn enkele behandeling van ʼn nuwe soort geenterapie te verleng. Die muise het na die behandeling tot 24% langer as normaalweg gelewe.

Volgens ʼn berig op Slate.com het vorige navorsing daarop gedui dat dit moontlik is om soogdiere se lewens te verleng as sekere gene in die embrioniese stadium verander word. Die nuwe terapie behandel die punte van selle met ʼn ensiem wat chromosome herstel. Navorsing het ook getoon dat die behandel nie voorvalle van kanker verhoog nie. Die geenterapie kan boonop ook help met die behandeling van insulienweerstand en hartsiektes in ouer pasiënte.

Die enigste vraag is nou wanneer ʼn bekostigbare weergawe van die terapie by die naaste apteek beskikbaar sal wees.

Lees hier vir die volle berig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.