Nando’s publiseer omstrede advertensie

Nando’s het Sondag ‘n gedrukte weergawe van sy nuutste advertensie, wat deur al die land se uitsaaiers verbied is, in die Sunday Times gepubliseer.

Die woorde “Anders as ons uitsaaiers, gee ons jou die reg om te kies”, staan op ‘n banier onderaan die advertensie. Die volbladadvertensie wys ‘n storiebord-weergawe met verskeie skermgrepe. Foto’s van belangrike oomblikke in die advertensie is in blokke met onderskrifte en die YouTube adres van die video verskyn ook daarop. Teen Maandagoggend was die video nagenoeg  391 883 keer al gekyk.
Die TV-weergawe word beskryf as die “pro-diversiteit-advertensie wat uitsaaiers nie wou hê jy moet sien nie”.

Die SABC, DSTV, M-Net en etv het die advertensie verbied weens sy “xenofobiese ondertone” en vrees dat dit xenofobiese aanvalle kan aanwakker.

Sien die video hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Carel-J ·

Wys jou net hulle verstaan nie die advertensie nie. Wie is hulle bang gaan opstaan en xenofobiese aanvalle teen die res maak? Die Koisan?

Paul ·

Ek sien nogal die uitsaaiers wat dit nie wou uitsaai nie, se punt in. Dis moontlik dat talle kykers die advertensie verkeerd kan verstaan. Mense lees of hoor dikwels net wat hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.