Nege beseer in KZN-kettingbotsing

Nege mense is beseer na vyf voertuie Woensdagmiddag op die N3-deurpad naby Ashburton, KwaZulu-Natal, in ʼn kettingbotsing betrokke was.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê vyf voertuie is erg in die botsing beskadig. “ʼn Taxi was onder ʼn swaarvoertuig vasgepen en daar was twee mense in die wrak vasgekeer. Hulle moes uit die taxi gesny word,” het Botha gesê.

Al die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale vir verdere behandeling geneem. Twee van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand.

Volgens Botha is dit in die stadium nog nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie en die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.