
Mopaneweg 23, Florapark, Polokwane Foto: Google Earth
Nóg ʼn huis van die voormalige ANC-jeugligaleier, Julius Malema, sal oor twee weke op ʼn veiling verkoop word, het die Sowetan Donderdag berig.
“Die huis in Florapark in Polokwane sal na verwagting tussen R1 miljoen en R1.5 miljoen op die veiling haal,” het Aagie Stroh, van Eli Stroh Properties, gesê. “Die veiling vind op 23 Julie plaas.” Hy sê die huis is “baie mooi en skoon”, maar is bekommerd dat die ekonomiese klimaat die waarde kan beïnvloed.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Malema se eiendomme begin verkoop in ʼn poging om R16 miljoen, wat hy hulle glo skuld, te verhaal. Sy huisinhoud is in Februarie vir R54 000 verkoop en in die middel van Mei-maand is ʼn onvoltooide huis vir R5.9 miljoen verkoop. Malema het in 2009 R3.6 miljoen vir dié huis betaal.
ʼn Plaas wat aan Malema behoort is in Junie vir R2.5 miljoen verkoop.
Stroh kan nie bevestig of Malema se huis in Seshego, Polokwane, waar sy ouma bly, ook verkoop gaan word nie.
Malema sal na verwagting Donderdag sy nuwe politieke party, die Economic Freedom Fighters, by Constitution Hill bekendstel.
-SAPA
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Polokwane? Die Nederlandse Taalunie erken nie dié naam nie. In Nederlands is én bly dit Pietersburg.